Hallo ? (renosterhoring) - ek ken nie eers jou naam nie!
Nee, dis nie Randburg nie - dit is by Key West Mall as jy Krugersdorp inkom is dit die eerste shopping center wat jy sien. Ons was gister by Randburg Waterfront, nou bekend as Bright Water Commons - om te kyk na die Chinese Nuwejaarsvierings - die dam wat daar was is nou heelwat kleiner en hulle het die mooiste "waterdans" in die aande (musical fountains) - http://www.rwaterfront.co.za/shopping/entertain_musical_fountains.html - kyk bietjie na die fotogallery. Ek wil graag nog gaan foto's neem daar, ons het uitgereen die naweek voor dit kon begin!
Dankie vir die belangstelling! Groete en goed gaan!
Ina
Hallo Jan! (dis mos nou beter!) Woon in Monument Krugersdorp, skryf websites (freelance), neem foto's en geniet die lewe! Het 7 jaar terug ophou werk (vir 'n baas) en werk van die huis af. Ek doen ook gereeld machine embroidery (company logo's etc) maar het nou afgeskaal met die Eskom dinge. Watse lekker plekke is daar op af te neem in Centurion? Soek altyd interessante plekke waar ek kan gaan foto's neem. Jy kan my direk email by dotcoza at absamail dot co dot za! Mooi bly!