ek is so bly jy het dit gesien Don, hierdie is regtig so mooi ou dorpie. Oud en so besig met toerisme... ek dink dit is hoekom hierdie plekke oorleef.. toeriste besoek dit. ons was al op die mooiste plekke in SA en dan so bitter min toeriste... en dit is nie net die afstande nie.. want in Nevada en Utah is die myle lank en die wereld kaal maar mens ry van plek tot plek om te sien wat te siene is. net jammer ons promosie van ons land is nie beter nie.